Media Releases

Reunert se omset groei sterk
Tuesday, 20 November 2001

By: Ermin Erasmus 

Reunert, die genoteerde groep wat hom onder meer op elektronika en elektriese ingenieurswese toespits, het in die boekjaar tot einde September sterk groei in sy omset behaal terwyl beter winsgrense en kostebeheer daartoe gelei het dat sy bedryfswins met 38% tot R381,5 miljoen verstewig het.

Die groep se omset het met 27% verbeter tot R4,229 miljard. Hierbenewens het die winsgrens verbeter van 8,2% tot 9% en het die wesensverdienste per aandeel met 25% gestyg tot 176c.

Sedert die begin van die groep se program vir die terugkoop van aandele in Julie verlede jaar, het hy altesame 17,2 miljoen aandele teen 'n koste van R235 miljoen teruggekoop. Mnr. Gerrit Pretorius, uitvoerende hoof, het gister ges� di� program het 7% van die verbetering in die wesensverdienste per aandeel bygedra.

Nashua Mobile, die saamgevoegde bedrywighede van Nashua Cellular en NedTel Cellular waarin Reunert 'n belang van 58% besit, was een van die beste vertoners en sy bydrae tot die omset het met 88% verbeter tot R1,445 miljard. Die bedryfswins het met 143% tot R85,6 miljoen opgeskiet.

Die omset van Siemens Telecommunications, waarin Reunert 'n belang van 27,5% besit, het met 6% gedaal, maar die maatskappy se bydrae tot die bedryfwins het nietemin met 16% verbeter tot R102,7 miljoen.

Panasonic se omset het met slegs 2% gestyg tot R853,3 miljoen, terwyl die bedryfswins met 28% verbeter het tot R29,8 miljoen.

Pretorius het ges� die bedryf vir verbruikerselektronika is nie maklik nie en Panasonic se relatief onveranderde omset dui daarop dat verbruikers nie baie geld vir diskresion�re aankope het nie. Panasonic se resultate is ook geraak deur beter batebestuur en strenger regeringsbeheer oor die onwettige invoer van goedere.

Wat sy vooruitsigte betref, s� Reunert hy sal toenemend konsentreer op die winsgewende uitvoermarkte omdat die meeste van sy ondernemings reeds 'n groot plaaslike markaandeel het.

Re�le groei sal na verwagting in die huidige finansi�le jaar voortduur, maar nie teen dieselfde vlak as wat in die verslagtydperk behaal is nie. Daar sal verder voortgegaan word met verkrygings, het Pretorius ges�.

'n Finale dividend van 67c per aandeel is verklaar. Reunert se aandeelprys het gister 2,82% ho�r gesluit op R18,20.